Gogga maak vir baba bang

Fri, May 2, 2008

Kaptein Caprivi, Namibia

Ek:”Liefieeeeee!!!

Liefie:”Ja?

Daar is ‘n gogga in my pap”.

Nou haal hom uit”

Ok”.

.

.

.

Liefieeeeeeeeeeeeeeee!”

Wat is dit?

Daar is weer ‘n gogga in my pap. Wag, daar is nog 2 in my pap”

Nou haal die goed uit, ek is besig met my eie gogga probleem

.

.

.

LIEEEEEEEEEEEEEEEEEEFIEEEEEEEEEEEEEEEEEEE!!!!!!!!!!!”

My goeie donner, kan jy nie sien ons word aangeval nie! Gooi weg die pap, laat ons harloop! Maak f#$%ing vinnig, ons moet die tent nog opslaan, en dit raak nou mal!!!

Gedurende dag 4, begin ons motte sien. Mooi, pragtige, kleurvolle motte wat hulle plek ken.

Mot

Kosie verduidelik dat weens al die reën die voorafgaande paar weke, is die woestyn aan die lewe kry. Ek het geweet die woestyn is ‘n dor plek, maar was verbaas om uit te vind dat daar so min aangaan, dat hout nie eers verrot nie. Orals kan hout stellasies gesien word, maar van naby geloer wys toe vir my dat die min yster wat oor is, basies heeltemal weg geroes is. Die hout makeer egter omtrent niks, want daar is geen insekte om die hout te vernietig nie. Die sagste materiaal in die harde woestyn, hou die langste.

Hout

So, ons mot vriende is toe ‘n vreemde verskynsel, maar gelukkig pla hulle nie te veel nie. Die aand braai ons, en neem ook deel aan al die dinge wat gebeur by ‘n braai, en begin oplet dat die motte nou ondersteun word deur klein muskietagtige goggatjies. Maar, ek is nie bekommerd nie, want tussen Tabard en Olaf Berg is ek onvernietigbaar. Ek ry ook nog steeds op my duine kruin, so niks pla my regtig nie.

Ek en Liefie gaan slaap die aand in ons tent wat ek teen die tyd binne 2:30 minute kan op wiks. Die gaas hou die goggas buite, en ‘n rustige nagrus binne.

Soos gewoonlik, word ons wakker net so voor sonsopkoms, en na ‘n paar groot slukke water (sien vroeër waar ek praat oor Olaf), is ons op. Ons gryp die leë koppies en borde, en loop na die vuurmaak plek. Ons sien dadelik daar is meer goggas as die vorige aand, maar niks ernstig nie, en ‘n nuwe laag Tabard help ook.

Ek kry koffie, skep mieliepap, en die son kom op.

Goggas in my pap.

Net daar, binne ‘n kwessie van ‘n paar minute, neem die goggas oor. Die son maak die lug warmer, die goggas word wakker en besluit ons is ontbyt. Almal besef hier moet ons uitkom, en gaan bakkies toe om tent agter in te gooi en te ry! Tussen als deur, besef ek ek kan absoluut niks doen aan die goggas nie. Daar is meer binne ons bakkie as buite, en die enigste ding om te doen is om my kamera uit te haal.

Gogga maak vir baba bang

In my rustigheid besef ek een ding: as ek kan fotos neem terwyl die vierde plaag ons tref, is ek nie dieselle stad mannetjie wat in hierdie woestyn ingekom het nie. Ek is ‘n nuwe mens, met ‘n nuwe uitkyk op die lewe, en as ek weer foto’s van goggas op bakkies wil neem, sal ons moet 4×4 koop.

Tot my vrou se groot spyt, is dit in my natuur om 100de vrae te vra, todat ek presies verstaan wat die situasie is. Daardie aand, rondom die gogga-lose kampvuur, is daar 2 vrae wat ek wou beantwoord:

  1. Vir die ouens wat hierdie toere reel, en vir die opeateurs van die toere; watse handelsmerk 4×4 gee die minste probleme deur die woestyn?
  2. Nadat die handelsmerk gekies is, watse tipe 4×4 sal by ons pas; nie net finansieel nie, maar ook prakties.

Eerste antwoord is toe maklik, siende dat elke persoon wat toere vir ‘n lewe geniet, Toyota ry. Tot my groot onsteltenis moet ek hoor dat BMW X5′e se tupperware meer geneig is om af te val as enige ander fabrikaat. Daardie aand sterf my X5 drome ‘n gewisse dood. Tweede antwoord was bietjie moeiliker. Al die ysterbal ouens ry Cruisers (of Land Cruisers, soos ons stads mense hulle ken). Ongelukkig is die “4500″ op die kant van die bakkie, ook ‘n aanduiding van sy petrolverbruik in die stad, so daardie idee is vinnig vinnig boop ‘n duin gelos.

Cruiser help Pathfinder uit

As ‘n nie-bakkie man, word daar toe besluit dat ons ‘n Fortuner moet kry. Natuurlik ‘n petrol ene. Toe ons die woestyn verlaat, is ek hartseer, maar ook opgewonde. Hartseer vir die ooglopende redes, en opgewonde om ons Fortuner te gaan soek, en in low-range in ons nuwe lewe in te kruip.

Die Namib reis is moontlik gemaak deur die volgende maatskappye, en is HOOGS aanbeveelbaar:

Toer organiseerders: The Journey (http://www.thejourney.co.za, jurgens@thejourney.co.za)
Toer uitvoerders: Uri Adventures (http://www.uriadventures.com, jacques@uriadventures.com)

2 Responses to “Gogga maak vir baba bang”

  1. lankkiff Says:

    Jong, ek weet nie of daar so baie plek is op die blog vir die verduideliking nie. Aan die ander kant, het ek ‘n PTY.Ltd gestig, en verkoop die idee aan enige man vir R15000 per Fotuner. Prado planne is duurder, omdat dit ‘n word in progressie is, maar Land Rover is verniet, want die sukses koers is 0.

    Reply

  2. Hugo Says:

    En toe kry hy wraggies die Fortuner. Sal graag in ‘n opvolg verhaal hoe hy dit verby sy Finansiele Adviseur (Liefie in die skrywe) gekry het….!

    Reply

Leave a Reply