Die redakteur van Mooiloop het my lewe verwoes

Sun, Jun 22, 2008

Kaptein Caprivi, Namibia, Travel

“Mooi loop”, reken Willie.

Hy is ‘n interresante man. Die wie ons en hom ken, weet dat ons lofliedere sing oor Willie. Ons het op hom afgekom een Saterdag middag, toe ek my dolphin shape 3-reeks BMW op ‘n duin gaan parkeer het naby Yzerfontein. Lang storie, maar dit was die uiteinde van ‘n samekoms van 2 dalmatians, Olaf Berg en onkundige brawade.

So kom Willie toe by ons aan so 5 jaar terug, sy amptelike titel is “Tuin Man”. In hoofletters, want hy kom hoog aangeskryf.  Ek leer later Willie is in sy laat 30’s, het net standerd 2, en stel nie belang om verder te leer nie. Hy wil net werk en geld verdien. Willie praat Afrikaans en Engels, maar is by uitstek ‘n Xhosa. Terwyl ek hierdie skryf, sit ek en wonder hoe lank ons nog hierdie voordele van apartheid gaan pluk? Ek reken lank; willie en sy generasie se toekoms is redelik uitgele vir hullle, en dit lyk nie so rooskleurig altyd nie. Deur die jare deur, na ons mekaar vertrou het, eindig Willie op binne ons huis. Sy eerste titel is verlore, en gesels hy dat hy verkies om nie in die tuin te werk meer nie, maar eerder binne die huis. Dis nou nog snaaks vir my dat ons nooit eers daaraan gedink het dat hy nie in Kaapse somers wil gras sny nie, en in Kaapse Winters wil blare optel terwyl ons 2 brakke vir hom loer onder uit hulle rooi Woolies komberse, binne die huis nie. Eendag sal ek vir Dana vertel hoe hy gehelp het om Willie se lewe te verander.

Vandag het Willie nie ‘n titel nie, sy titel is nou “Willie’. Ons was al by sy huis, ons het familie fotos gesien, sy vrou ontmoet en weet dat hy vir pret klere maak. Ons het aanbeweeg. Ons almal het, hoop ek. Ek dink ons pad was verder as Willie s’n, want hy het ons gesien as mense toe hy ons ontmoet het, en nie net iemand met ‘n titel nie.

So was ons nou al op dag trips weg, en gaan jaag by Atlantis oor die duine, maar niks vat die hunkering weg nie. Ek soek die oopte, die stilte en die vreesaanjaande sterre van die Namib. Jurgens van The Journey het my gewaarsku: “Rohan, jy het begin met die beste, en geen ander plek gaan vir jou so lekker wees soos die Namib nie”. Ek het gewonder of dit ‘n voorbode is, of sommer net bemarking.

Maar dis waar. Ek hunker na die woestyn. Ek droom oor die duine. In die aand, voor ek gaan slaap, verorber ek Henno Martin se The Sheltering Desert. Ek begin voel asof als wat met my gebeur het in daardie woestyn, korreltjie vir korreltjie uit my loop. En dis nie goed nie. Ek was daar, en wil nie weer daar wees nie.

My vriend johan Bakkes reken elke storie het ‘n angle. My ander vriend, Gerrit, wat redakteur van Mooiloop geword het NADAT ek hom leer ken het, be-aam die storie. Dit gaan nie oor die gebrek aan sagte toiletpapier vir die 3de dag in ‘n ry nie, dit gaan oor wat daardie harde toiletpapier verander binne jou.

So is ons weer oppad die Vrydag middag. Die Fortuner word gelaai met allerhande kak wat ons by Outdoor Warehouse gekoop het. Weereens is ek verstom hoe baie goed ek en Eldre in ‘n kar kan gooi as ons 2 dae lank weggaan. Moerig en klaar gepak stuur ek vir Willie groete, hy loer ons net so aan terwyl ons pak. Op ‘n stadium het hy hardop gewonder hoe lank presies ons nou weggaan met al die swart plastiek bokse. ek vertel hom ons is terug oor 2 dae, en ek kan sien op sy gesig dat ons in ‘n ander wereld leef as hy. Dis nie een van ons se skuld nie. Ek stuur vir hom “lekker naweek Willie”, en hy reken terug: “Mooi loop”.

My wereld gaan staan net daar stil. Ek wou vra: “Wat de fok Willie, dis ‘n Afrikaanse woord, ons gaan weg op ‘n lang naweek waar net ons pakasie beslis meer werd is as jou hele aardse besittings, en jy reken ons moet mooi loop?” Die 2 woorde het vir my betekenis begin aanneem toe Gerrit vir ons vertel het hoekom Wegbreek nou gaan Mooiloop. Die hele naweek dink ek daaraan dat dit my angle is. Die man, ouer as ek, met amper niks in die wereld nie, wat vir my reken Mooiloop.

Die naweek was heel lekker; ons het die mees rasistiese mense op aarde ontmoet, ek het gejaag teen 140km/h op ‘n grondpad om die son in te haal, en ons het warm geslaap in die Karoo in die winter. Ons is nou meer voorbereid op sulke dinge as ooit te vore.

Tog is dit nie dieselle nie. Van die Namib af terug het ek gevoel soos ‘n man. ‘n Nuwe mens wat berge en sandduine kan versit as hy net die waagmoed het.  Deesdae jaag ek op sand pretparke (Atlantis), plaas eienaars vra of ek my Fortuner by my Pa ge-erf het en ek en Eldre koop Woolies kaas platters voor ons op ‘n drie ure roete gaan.

Dis als jou skuld Gerrit. Ek en Eldre was meer as gelukkig om net teer langs Swakop toe te ry. Maar nee. Pierre moes verjaar, ons moet wyn drink en ek jou vertel dat Eldre my Namibie toe wil sleep, en jy MOES my vertel dat jy en Boet saamgaan Faces of the Namib toe. Ek was swak daai dag, Gerrit. Jy het my gevang vir ‘n slappe. Ek kannie meer ‘n normale dag he nie, die Namib is  in my bloed.

En daarvoor sal ek jou nooit vergewe nie, my Vriend.

4 Responses to “Die redakteur van Mooiloop het my lewe verwoes”

  1. lankkiff Says:

    Hoe werk die trip? Waar gaan jyheen, en hoe slaap jy oor?

    Reply

  2. Hugo Says:

    Ja, ‘n Fortuner kan daar af…..ek het dit met ‘n Nissan 2.4 petrol bakkie gedoen. Dis pragtig ‘daar onder’.

    Reply

  3. lankkiff Says:

    Sjoe, dankie Lize.

    Daai Canyon wil ek ook nog doen. Dit klink na ‘n belewenis. Kan ‘n Fortuner daar af?

    Reply

  4. Lize Says:

    Dis amazing hoe die eenvoudige goedjies… soos die Namib sand, jou lewe kan omdop en ware betekenis gee. Na my ‘oor die klippe klim’ in die Visrvier Canyon kan ek jou HELE punt insien Rohan. Dis ‘n ander plek daai en dit was gooooed.

    Goed vir jou menswees, goed vir myne, goed om sin te maak van die basics, van die binneste van jou menswees. Goed om jou te wys waar die binneste kant van jou hart sit…

    Thanks for sharing

    Reply

Leave a Reply