Ek is so gelukkig met die Fortuner. Ek vertel net gister vir my Pa dat ek nie kan dink ek sal ooit ‘n ander 4×4 as ‘n Toyota koop nie. Na die naweek se dinge het ek net weer agtergekom wat ‘n wonderlike voertuig dit is. Geen probleme nie, geen rattle nie, lig op brandstof, als wat jy in ‘n 4×4 wil he.
Ek het myself belowe ek gaan nie hierdie blog gebruik as ‘n bitch en moan oor die lewe nie, ons kry beslis genoeg daarvan in ons daaglikse lewe. Nou ja, hoe meer ek dink die Fortuner is die beste motor wat ek ooit gehad het, hoe meer begin ek dink die diens wat ek gekry het suig! En nie op ‘n lekker manier nie.
So rock ek op by Toyota N1 stad met ‘n groot gejuig (ek het Parlotones geluister. Alweer). Dis die Fortuner se eerste diens, en was ek heel opgewonde daaroor. Ek weet nie hoekom nie. Ek moes eintlik geweet het daar kom probleme. By BMW boek ek altyd op hulle website ‘n diens, en voor ‘n dag verby gaan, bel hulle en bevestig. Geen probleme nie. Volkswagen stuur ek ‘n e-mail, en hulle reel dit ook. Voor ek verder gaan, weet wel dat Volkswagen beslis nie die Oskar vir dienslewering van die jaar gaan ontvang nie. BMW fok ook op, maar ten minste doen hulle moeite om dit reg te maak. Toyota aan die ander kant het in die eerste plek geen manier om ‘n diens te boek op hulle website nie, en tweedens wag ek tot vandag toe vir hulle om my e-mail te antwoord. Wat beteken dit? Of dit is dat Toyota eienaars nie die internet gebruik nie, of Toyota dink sy kliente gebruik nie die internet nie. Ek glo nie vir ‘n sekonde dis nie die eerste een nie.
Ek kom vroeg daar aan, parkeer in laan 2 (die middel van 3), en wag. Ek wag nog. Voor my staan 3 karre, en die 1ste een word gehelp. Later klim ek uit, want niks gebeur nie. Ek sien laan 3 se motors is almal al ingeboek, maar by my ry gebeur niks. Die man wat die mense help, is baie besig. Ek moet by die werk kom, en loop oor na laan 3 toe. Groot is my verbasing toe ek vertel word ek kannie gehelp word nie, want die man doen laan 3, en ek is by 2. Ek sal moet wag. Na nog 10 minute waar ek angstig wag om gehelp te word, en die man by laan 3 baie rustig lyk, strip ek my moer (soos ons in goeie Afrikaans se), en stap oor na hom toe en vra of dit sal help as ek my kar uittrek uit 2, en intrek in 3. Want wragtig, dis belaglik. O ja, reken die man, ek wag al lank, hy sal my help. tot sy krediet help hy my toe, en weg is ek oppad werk toe.
Ek kry ‘n oproep, en gaan toe om die kar op te tel. Daar aangekom staan ek vir 20 minute voor by ontvangs, saam met ten minste 5 ander kliente, en saam kyk ons na ‘n lee toonbank. Ek het laterhand lyn 3 se man gaan opsoek, en na ‘n lang gewag (ek en die ander kliente alleen by die lee toonbank), word ek toe geroep. Dit was ‘n normale diens, en het ek vir 3 goed gevra, as ek reg onthou.
- Die handrem is pap.
- Die ligte wys nie heeltemal vorentoe nie.
- Die brandstoftenk meter is foutief. Na 400km wys die meter die tenk is leeg, en die elektroniese aanwysers reken ook na 400 km het ek 10 of 20 km oor voor die tenk leeg is. Wanneer ek dan wel brandstof ingooi, vat die tenk net so 50l, al hoe wel dit 60l kan vat.
Man van laan 3 (ek kan ongelukkig nie sy naam onthou nie) reken als is gedoen. Ek vra wat was toe fout met die brandstof meter. Nadat hy gaan navraag doen het by iemand in die werkwinkel, word ek ingelig dis nie gedoen nie, want die elektrisien is nie daar nie. Kan hulle my egter bel, en dan sal hulle dit uitsorteer? Ek bevestig toe dat iemand my gaan bel binne die volgende paar dae, dat hulle dan die Fortuner weer sal inneem, en dan gaan hulle dit regmaak? Ek is a menigte kere deur kak diens, so ek maak SEKER daar is niks wat ek moet doen nie. Reg so Meneer. Ek bel jou.
‘n Week later bel iemand van Toyota N1 Stad my. Ek is al bietjie geirreteerd omdat selfs met die eerste diens ek begin probleme ervaar, maar tog is ek dankbaar hulle bel. Die vrou lig my toe in dat sy net bel om te hoor of ek gelukkig was met die diens. Ek se toe ja, maar dat daar defnitief iets gedoen moet word aan hoe klante hanteer word as hulle motors ingaan en opgetel word. Ek dink dis ‘n eenvoudige saak dat daar te min mense is om almal te ontvang. Sy reken sy sal ‘n nota los, en laat ek haar toe ook weet dat ek wag vir ‘n oproep, dat die diens nog nie afgehandel is nie. Die man van laan 3 moet my bel. Reg so meneer. Hy bel jou.
Nog nie ‘n woord nie. Ek het nou besluit se moer met dit, ek is so gelukkig met die Fortuner, dat ek nie Toyota N1 Stad se suigende diens hoef te vat nie. Ek is eerlikwaar nie lus om hulle kliente diens en opvolgwerk vir hulle te doen nie, so ek sal hulle uitehelp deur hulle werkslas minder te maak. Ek hoor Toyota Brackenfell is ongelooflik.




July 29th, 2008 at 9:54 am
Jip. Aan die short en curlies beet.
July 29th, 2008 at 9:50 am
Nee, hulle is nie. So, Toyota gee vir jou ‘n waarborg waar jy jou kar net by Toyota mag diens? Nou verstaan ek hoekom mens sulke patetiese diens kry - hulle weet hulle het jou aan die ballas beet.
As ek jy is sal ek die storie op hellopeter.co.za ook sit
July 29th, 2008 at 9:43 am
Is hulle ‘n Toyota handelaar? My 4×4 is nog onder waarborg, so ek moet dit Toyota toe vat.
July 29th, 2008 at 9:42 am
Pa-fokin-teties. As jy nie regkom by ‘n ander Toyota plek nie, probeer APS in Stikland. Hulle spesialiseer in 4×4’s en die diens is uitstekend. (021-948 9400)
July 21st, 2008 at 4:58 pm
Wat ‘n fiasko!!! Hoop Brackenfell gee beter diens!!!