Britte, Italianers en armblankes.

Op www.mooiloop.co.za beskikbaar hier.

Die donnerse Britte.

Teen 1881 het die Brit Henry Barrington al heerlik gebly in Portland Manor, net buite die Knysna bosse. Die legende gaan dat Henry baie suksesvol was met sy boerdery, en besluit het om dit te gebruik om iets te doen aan ‘n groot probleem in die bos.

Eintlik 2 groot probleme. Op daardie stadium is twee wilde spesies, wat nie hou van reëls en beheer nie, in die bosse ingejaag. Die olifante, en die Afrikaners. Ingejaag, of gaan wegkruip; ek is nie 100% seker nie. Die Afrikaners het hout gekap, en die Olifante het die Afrikaners rondgejaag in die bos. Hulle was moerig. Die olifante meen ek. Orals was op hulle geskiet, en kry hulle toe wegkruip plek in die Knysna bosse. Daar aangekom, besef die olifante dat dit nie so idillies is soos mense dit wil uitmaak nie, dis koud. Nat. Geen kos. En bedonderde Afrikaners kap die een boom na die ander af. Ek moet wel byvoeg dat hulle net gekap het wat hulle nodig gehad het. Die Afrikaners het omgegee vir die bos; dit was hulle beskerming en lewe.

Die Afrikaners het met groot moeite die hout tot in die dorp gekry, net om deur die hout handelaars uitgebuit te word. Sien, die hout handelaars het ook die plaaslike Woolies Foods van die dag besit, waar die houtkappers nie anders kon as om kos op skuld te koop nie. Die houtkappers is dan nooit vir hulle hout betaal nie, die inkomste is sommer van hulle skuld afgetrek. Duidelik ‘n belowende beroep, solank jy die hout handelaar is.

Dit het tot gevolg gehad dat die Afrikaners in die bos verarm het. Hulle het armblankes geword, van die soort wat mens nog steeds op die platteland en Patricia Lewis konserte sien. Patricia is dus die hout handelaar, maw. aan die regte kant.

So besluit Henry Barrington dis tyd dat iets gedoen moet word. Hy gesels met sy vriend in die parlement, en reken hulle die beste plan is om ‘n sy bedryf te vestig in die bos, dat dit die Afrikaners kan besig hou en geld genereer. Natuurlik kan die Afrikaners nie na hulle self kyk nie, en word daar besluit die Italianers is die regte mense om die Afrikaners in toom te hou. Seker maar omdat dit een bedonnerde nasie vat om ‘n ander in toom te hou. Wat ook al wou, die Italianers kom toe oor na Knysna met ‘n groot gejuig. Aan land gestap, besef hulle toe hier is moeilikheid. Eerstens is van die families belowe hulle gaan Amerika toe, en tweedens kom hulle gou agter dat die moerbei bome die verkeerde soort is, en gaan die plan nie werk nie. Die Italianers word toe vir alle praktiese doeleindes op ‘n stuk grond gelos om na hulle self om te sien. Geen Afrikaans of Engels magtig nie, met geen manier van inkomste nie, besef hulle toe hier is probleme. Nou die storie loop dat die Hollanders tot ‘n manier tot hulle redding gekom het, en om ‘n lang storie kort te maak, het die Italianers toe mettertyd deel van die Hollanders geword. Hulle het getrou onder mekaar en als wat daarmee saamgaan. Toe die Italianers eers met die Hollanders deurmekaar raak, kon hulle ook nie juis terug Italië toe nie, want daar is op hulle neergekyk. In Italië was baie van die mense suksesvolle sy boere, en toe hulle probeer terugkom met barbaarse Hollandse vrouens en mans, is daar besluit dat hulle nie meer goed genoeg is vir die volbloed Italianers nie.

Einde Augustus 2008 besluit ons om my Pa hulle halfpad van Oos-Londen af te ontmoet by Stormsrivier mond.

Wat jy inbring, vat jy uit.
Mr Delivery, Stormsrivier styl.
Mr Delivery, Stormsrivier styl.
Rof, soos 'n Afrikaner.Rof, met ‘n blink kant, soos ‘n Afrikaner

Deur Jurgens van www.livethejourney.co.za en Douwe van http://www.karoospirit.co.za kom ons die Vrydag by Knysna bosse uit. Ons ontmoet vir Frank, wat baie vinnig vir ons vertel dat vandag die dag is wat ons die bos gaan leer ken soos ons nooit van geweet het nie. En hy was reg. Frank begin gesels. 3.5 ure later, is selfs my Pa stil, en dit wil gedoen wees. Frank vertel ons als van die bos wat ons nie geweet het agter die bome kan aangaan nie. Dis die ding. Mens dink, as jy gaan ry, dat jy jou kar in ‘n rat gooi, en ‘n paar ure lank bome kyk, en dan is dit dit. Jy kan dit beslis so doen, maar dan kan jy beslis net sowel by die huis bly, en die DVD kyk. Frank besit http://www.bhejane.com/. Hy het die natuurbewaring ouens genader en oorreed dat hy ‘n konsessie moet kry om mense, onder streng beheer, deur die bos te vat. Dit gebeur toe en hoop hulle binne die eerste jaar sal daar darem so 350 mense wees wat sou belang stel. Onderskatting is die wagwoord hier, want toe ons gegaan het, was daar al 750 mense deur die bos en die eerste jaar is nog lank nie agter die rug nie. Frank het die hele storie so beplan dat die bosmense ook voordeel trek uit die hele storie. Daar is met hulp ‘n restaurant by Diepwalle Bosbou Stasie op die been gebring, wat werk verskaf aan die mens van die omgewing. Op datum het meer as R70000 na die gemeenskap gevloei, wat my asem weggeslaan het.

alwetend.Italianers: alwetend.

In die tyd wat Frank 3 radios pap gesels het, hoor ons hy is ‘n afstammeling van een van die oorspronklike Italiaanse families, ene Rabbolini. Hy vertel ook dat die storie vertel word in Dalene Matthee se Moerbeibos en al die hout treine in die bos gaan staan stil vir my. (Dankie aan Gert Vlok-Nel dat ek jou woorde kon buig).

http://maps.google.com/maps/ms?ie=UTF8&hl=en&msa=0&output=nl&msid=111241005141081359329.0004564aca00cc5ef949b

Ek besef ek het nog nooit in my lewe Dalene Matthee gelees nie. Hoe meer ek probeer dink daaroor, dat ek seker Fiela se Kind gelees het, hoe meer kan ek nie dink dit het ooit gebeur nie. Ek raak angstig en besluit dat ek dit moet regstel, want ‘n fout soos hierdie kan maak dat ek vriende verloor.

Terug in die Kaap koop ek Toorbos en is die boek my vriend vir die volgende paar dae.

Ek besef nou, dat as dit nie vir die donnerse Engelse was, wat gaan kak maak het met die Italianers 127 jaar gelede nie, het ek nooit Dalene Matthee gelees nie.

En daarvoor se ek dankie vir die Engelse en die Italianders, wat baie moeite gedoen het lank gelede om my ook beskawing toe te bring.

In my opinie kan die Engelse maar weer gaan moeilikheid maak met ‘n ander nasie, wie weet watse wonderlike dinge daaruit gaan voortspruit oor so 120 jaar. Enige iemand al Irakese boeke gelees?

As jy ‘n brandewyn-en-Coke 4×4 tipe ou is, bly weg. Hierdie toere is nie vir jou nie en is ek seker julle wat kan lees sal ook nie my blog lees nie. Hierdie begeleide toere is vir mense wat lus is om hulle lewens te verander. Saam met die regte gidse, kan ek jou dit waarborg.

Toer leier: Frank Carlisle.
http://www.bhejane.com/
Koste: R350 per persoon (dit sluit koffie en ‘n ete in. Ook, ‘n nuwe uitkyk op die bos.).

Bespreking gedoen deur http://www.livethejourney.co.za.
Opgewonde gemaak deur http://www.karoospirit.co.za
Informasie oor die Italianers: elsabeth@livethejourney.co.za
Vir Dalene. Jammer.

Ns. Hierdie storie is soos ek dit kan onthou, en sal daar beslis feite wees wat ek verkeerd het.  So lees ek byvoorbeeld dat een van Henry Barrington se kleinkinders reken die storie is heeltemal verkeerd. Lees meer by http://www.talkabouttown.co.za/talktownforum/showpost.php?s=11089fa5f9ace78a5641c1d766e3d9e6&p=734&postcount=2.

, , , , , , , , ,

19 Responses to “Britte, Italianers en armblankes.”

  1. Sammi Says:

    Ja nee, dit was aaklig, absoluut! Kannie glo dat daar nog sulke barbare rondloop nie, blixems!
    Dit behoort ‘n ongelooflike ondervinding vir julle te wees.

    Nee, jy maak fout, ek’s alles behalwe ‘n natuurlike skrywer – dit het maar net gebeur om op hoogte te bly met ons Afrikaners hier aan die “gatkant” van Afrika (jou woorde) :lol:
    As jy nou ‘n natuurlike skrywer wil lees, gaan kliek op my blogroll op Ding se Dinge – DIS nou ‘n verteller van formaat.
    Moet jouself ook geensins weggooi nie, die ondervindinge rol so maklik uit jou en mens kan die situasie beleef!
    Nie heuningkwas nie, GENUINE! :grin:

    Reply

  2. lankkiff Says:

    Sammi, dis juis na Quinton van die Carte Blanche luiperde waarheen ons gaan. ek kannie wag nie. Ek moet se, daardie video van die luiperd welpie met die af-voet het my diep geskok.

    As daar inspirasie is, sal ek beslis skryf! Ek is ongelukkig nie ‘n natuurlike skrywer soos jy nie :-)

    Reply

  3. Sammi Says:

    Lankkiff
    Het Sondagaand op Carte Blanche gekyk na die luiperds van die Cedarberge. Helse storie daardie een :shock: Kannie glo dat daardie vieslike “traps” op so ‘n manier gebruik word nie!
    Ek sien uit na “soos die lus jou aangryp” se volgende vertelling!

    Reply

  4. lankkiff Says:

    Alo Sammi

    Jong, ek skryf maar soos die lus my aangryp. Ons gaan volgende naweek luiperds kyk in die Cederberge, so dalk kom daar iets van dit. Dankie vir die ondersteuning, dis ‘n moerse eer.

    Reply

  5. Sammi Says:

    Alo lankkiff
    Wanneer deel jy weer meer van jou ervaringe?

    Reply

  6. lankkiff Says:

    Dankie Marius.

    Ek is seker Hugo het nog YouTube videos wat hy sal wil wys vir die mense. Ek sal laat weet.

    Reply

  7. Marius Says:

    Skerp, Cofe! Jy’s n goeie blogger!

    Hugo, hopelik lees jy nog die blogs. Dai you tube 4×4 video is redelik power. Neem my saam volgende keer dat ons die perspektief beter oordra.

    Reply

  8. lankkiff Says:

    Marius, jy is reg. Ek het op ‘n stadium blootstelling aan ‘n Dalene gehad, maar dis nie eintlik relevant vir hierdie geselskap nie.

    Reply

  9. Marius Says:

    Hugo, ek dink Cofe het spesifiek ook nie Fiela se Kind gelees nie, maar wel sekerlik die fliek geniet het. En sou hy die fliek gemis het sou hy sweerlik die verhoogstuk gemaak het. Aldus Dalene blootstelling op een of ander indirekte manier gehad het.

    Reply

  10. Sammi Says:

    Wag jong, ek lees en verorber, veral die stukke oor Namibie! Darem nou ook nie blindelings nie :wink:

    Reply

  11. lankkiff Says:

    Sammi, nice van jou om hier uit te val en die komplimente so blindelings rond te gooi.

    Gaan voort :-)

    Reply

  12. Sammi Says:

    Whahaha :lol: :lol:
    Dis nou uitstekend!

    Reply

  13. lankkiff Says:

    Hugo

    Asseblief. Vergeet nou die boek. Ek het klaar gese ek het dit nie gelees nie, maar sal werk aan my probleem. Gaan aan met jou lewe asseblief.

    Reply

  14. lankkiff Says:

    Toffie vrou

    Dit was darem nie te vroeg nie, hier by 8 uur se kant die oggend. Wie wil nou slaap as hulle kan blog?

    Reply

  15. Hugo Says:

    Het sy nie ook Fiela se Kind geskryf nie? Dit moes jy tog seer-sekerlik op skool gelees het, al was jy dan nou ook in die Oos-Kaap op skool…

    Reply

  16. Toffie vrou Says:

    Wees spesifiek asseblief!

    Reply

  17. Toffie vrou Says:

    Hoe laat in die nag….oftewel vroeg in die oggendure het jy hierdie geskryf……..

    Reply

  18. lankkiff Says:

    Marius, ek kan verstaan dat my skrywe oor die bosse jou spesifiek laat dink het aan biseksuele hammerkophaaie. Dankie vir die terugvoer.

    Nee jong, gister praat ek met iemand daaroor, sy dink ook sy het nooit Dalene gelees nie. Ek kannie onthou wat my voorsgeskrere boek was in matriek nie, maar dit was nie Dalene nie.

    Spesifiek nie.

    Reply

  19. Marius Says:

    Cofe. Dis vir my n bietjie vreemd dat jy nog nie Dalene Matthee gelees het nie. Het jy dan nie ‘Kringe in n bos’ as voorgeskrewe gedoen op hoerskool nie?
    mmmm…. Stormsriviermond! Nou praat jy. Een van die beste stukkie paradys in SA. As jy oor die hangbrug stap sien jy baie hammerkophaaie in die paarseisoen.
    Het jy geweet hulle is spesifiek biseksueel?

    Reply

Leave a Reply