My goeie vriend PJ “Blou Bul” van Zyl stuur vir my die brief.
Nou die dag toe dit so lekker gereen het hier in Gordonsbaai het daar ‘n vreeslike snaakse ding gebeur. Ek was nogal daar om dit af te neem.
Op die eerste foto staan daar ‘n Toyota, Hyundai en Pajero. Hulle was van plan om oor die laagwater bruggie te ry. Maar na omtrent 5 minute wat die Toyota en sy bestuurder die “magtige rivier” aanskou het (seker planne gemaak oor watter “approach angle” hulle gaan gebruik, toe raak die bestuurder in die klein karretjie bietjie ongeduldig (foto 2) en besluit toe maar om te ry, en so volg die pajero ook (foto 3 en 4). Lyk my toe die Toyota sien dat die klein mannetjies dit kan doen toe sien hy eers kans vir die “magtige rivier”. So nou wonder ek of daai ding waar is wat hulle sê van Toyota en sy bestuurders.
Is daar dalk enige iemand wat my kan uithelp oor hoekom die klein karretjie kans gesien het vir die stroompie en die Toyota nie, ek vra maar net want ek is nie ‘n groot 4×4 kenner nie, en ek sou aanneem dat mens so af en toe riviere sal moet oorsteek wanneer mens in die bos is. Wat doen die Toyotas dan, wag hulle maar vir die Jeeps en Pajero’s om eerste te ry of vat hulle die ferry.
PJ Van Zyl
www.BlueDaisy.co.za
Soos altyd, is my vrou die enigste persoon wat met ‘n oopkop, realistiese uitkyk oor die dinge kan besin. Dis nou in teenstelling met die emosievolle uitbarstings wat ek gewoond geraak het van Blou Bulle.
Interresant hoe die Merc (4de motor in die ry) nie eers genoem word wat besluit het om GLAD NIE eers die “magtige rivier” te face nie. En hoe die Hyundai lyk of hy sopas by die scrap yard uitgery het en dus nie veel omgee vir wat met sy kar gebeur nie. Maar nou ja. Soos met die lewe ook, is daar seker mense wat met beperkte visie na alles kyk en graag van die kant af staan en judge.
Trotse Toyota Passasier











October 3rd, 2008 at 12:41 pm
ek wonder maar net hoekom moes Roahn se vrou reply en nie hy nie. is dit ook maar die rede dat sy altyd as hulle met hulle “tazz” gaan 4×4 moet bestuur, soos die geval was toe hulle in Namibie gaan toer het.
vra maar net !!!!!!!!!!!!!!!
October 3rd, 2008 at 10:33 am
The lady does protest too much.