Klein Aus Vista

Sun, Dec 28, 2008

Namibia

Nie Windows Vista nie, vir die 3 geek vriende van my. Klein Aus Vista. Dit ruik en lyk sommer vars en gerieflik vir die nie so moeë reisiger. Na gister aand se buitensporige pryse vind ons toe hierdie klein wonder net buite Aus. Die mense is vriendelik, die pryse is redelik en meer belangrik; hulle het plek vir ons! Ek begin worry oor ons verdere aande, dit kan besig raak. Maar wie is bang?

Ons voel so tuis, dat Eldre sommer domesties begin optree en reken ek kan gaan sit met n biertjie; sy sal middagete maak. Ek weet nie heeltelmal wat fout is met haar nie, maar ek hou daarvan.

Leave a Reply