Die wilde perde van die Namib is ongelooflike diere. Hulle word genoem “feral horses”, wat beteken domestiese diere wat wild leef. Aan die begin van die 1900’s het hulle begin rondbeweeg hier, al hoe wel niemand seker is presies wat gebeur het nie. Die huidige teorie is dat dit iets te doen gehad het met die troepe van die eerste wereld oorlog. Daar is so tussen 60 en 300 perde hier te vind, en hang die getalle baie af van die beskikbaarheid van water. Hoe droeër, hoe minder perde.
Verbasende diere. Ek sou nooit kon raai ‘n perd kan in die woestyn oorleef nie. Ek weet ons dalmatians sal sukkel; hoofsaaklik omdat hier nie mandjies met kussings is om in te slaap nie.




January 4th, 2009 at 6:15 pm
awesome!!!en ongelooflik!! Dit is seker so vreemd soos om van die perde in Kanada te sien waar hulle oorleef in subzero temperature… hulle het sulke LANG hare daar