Ek wil ook graag my misnoe lewer oor my Fortuner. Ek ry ‘n 2007 3.0 D4-D. Kyk ek is baie gelukkig met my voertuig en geniet hom maar daar is wraggies fout met die bok springer.
Ek ry ook ‘n 2008 Toyota Hilux SRX 2.5 en my ou staatmaker 1993 Toyota Camry 220 SEI. Die Hilux hou ook van rond spring maar dit voel of jy het beter beheer het oor die outjie vergelyke met die Fortuner wat jy jou bestuur moet ken. Die Camry kan jy nie vergelyk nie, die ry soos ‘n droom al het dit al ‘n stoute 260 000 km op!
Ek het tans al 46 000 Km afgle met die Fortuner met geen meganiese of elektriese probleme nie. Dit is hoekom ek van Toyotas hou.
Ek het al gehoor van die probleme wat mense ervaar met hul Fortuners maar nie regtig veel ag daarop geslaan nie. Ek het toe onlangs so bietjie op die internet rond gekrap en op jou forum afgekom.
Op die hoofweg ry die outjie vir jou wraggies lekker maar vat jy grond pad of ‘n bietjie hobbelrige teerpad dan kry jy die bok spring effek. Ek het ook gevoel die stuurwiel is geneig om baie terug te skop as jy ‘n hobbeltjie slaan. Ek praat nou nie van ‘n slaggat nie.
Ek ry redelik baie grond pad en het al geleer om dit maar rustig te vat met die Fortuner, so ek het gelukkig nog nie ‘n nare ervaring gehad nie.
My voertuig, glo dit as jy wil het nog steeds sy oorspronklike bande op. Die Grabbers “all season” nogal. Ek sal een of ander tyd moet kyk na nuwe bande en is ‘n leuk met watse bande sal geskik wees vir die bok springer. Miskien kan jy dalk vir my meer inligting gee en dalk ook watse skokbrekers sal meer geskik wees aangesien ek op jou forum sien dat die probleem moontlik so opgelos kan word.
Ek persoonlik voel Toyota kan regtig ‘n poging aanwend om ons lojale Fortuner eienaars te gemoed te kom om die probleem reg te stel.
Ek wonder of die probleem reg gestel is met die nuwe 2009 Fortuners met die groter vellings en ander bande ens.
Bok spring groete

Camil suspension system for New Toyota Hi-Lux, Prado, Fortuner, the Nissan Navara and the Pathfinder.
Dankie vir die skryf Gerhard! Dit was lekker om ‘n oopkop brief te ontvang vir ‘n slag, en nie die gewone bok spring reaksie wat sommige van my lesers het nie. Ek praat spesifiek van die “julle kan nie ry nie, jou poephol” brigade.
Hierdie brief het einde Oktober al ingekom, maar vir ‘n hele ruk kon ek nie antwoord nie. Soos almal weet is daar dinge aan die gebeur agter die skerms, en het ek probeer om nie by te dra tot al die opgewondenheid wat aangaan op die Internet nie.
So, om die vrae te antwoord. Ek kan net uit persoonlike ondervinding praat, en dit is dat ek Camil skokbrekers opgesit het. Ek is ongelooflik gelukkig met hulle. Dit motor is ‘n nuwe kar nou, en voel ek dis ‘n uitstekende kopie!
Groete
KC




January 3rd, 2011 at 12:42 am
Niemand is so blind soos hy wat nie wil sien nie.
Ek weet van weinig fabrikate wat deesdae nie 46000 probleemvrye km’s gee nie. Selfs nie die nuwe Chinese fabrikate nie. Hulle sou nie voortbestaan het indien hulle swak kwaliteit verkoop het nie.
Ons ou nasie is tog so maklik beinvloedbaar deur wat die ander mense se. Veral die wat baie geld het se woord is sommer wet. Hulle se die toyota is betroubaar, so nou sal hulle maar meer betaal vir daai stukkie betroubaarheid. Dis egter nie wat navorsing bewys nie. Toyota gee (in vergelyking met ander fabrikate) nogals baie probleme en hou ook daarvan om dit te ontken.
Vir die wat nog nie die lig sien nie, lekker droom…
April 8th, 2011 at 11:09 pm
Weer ek na ‘n lang stilte.
Dankie Pierre. Soos hulle sal se in ‘n vergadering “noted”
Ek moet net laat weet dat my fortuner nou op 105 000km is en dat daar nog steeds geen probleme is nie. Kan jy dit glo…en ek ry nog steeds elke dag grond pad…maar daar gelaat.
Ek het intussen die bande vervang met Hankooks en dit het soort van ‘n verskil gemaak. Ek het onlangs raak gelees dat daar ‘n man is wat die hantering van die ouer fortuners uit gestryk het deur progesiewe vere in te sit…wat is die ander se gevoel daaroor?
Ondanks al die negatiewe dinge rond om toyota en veral die fortuner moet ek se dit is ‘n fantastiese voertuig, goeie diesel verbruik (11.5km/L), genoeg krag, noem maar op… ek dink die verkope spreek van self.
Ek dink elke ou sal voel sy kar is die beste maak nie saak wat hy ry nie…